Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit
se brandweerdienste is verwoed besig om verskeie brande te bestry in die valleie aan die agterkant van Banhoek en
die Bergriverdam buite Franschhoek.
Die brand wat enkele dae gelede in die
Overberg ontstaan ??het, het gistermiddag laat in die Kaapse
Wynland-omgewing versprei.
Die vuur brand tans na die Hutchinson-piek
en word aangevuur deur ‘n kombinasie van digte, droë plantegroei en ‘n
sterk wind. Die moeilike terrein van die brande belemmer brandbestrydingsaktiwiteite.
Daar is kommer dat die voorspelde warm weer en die sterk suidooster wat later
vandag verwag word, verdere druk op die spanne sal plaas.
Vars spanne van CapeNature en CWDM se
brandweerdienste is vanoggend na die gebied ontplooi en sal deur die loop van
die dag met brandbestryding voortgaan.
In
hierdie stadium is dit moeilik om die volle omvang van die brand vas te stel,
maar daar is geen
lewensverlies of skade aan infrastruktuur tot dusver nie.