Die Drakenstein-munisipaliteit se branddienste is Vrydag (17 Mei) omstreeks 12:30 ingelig oor ’n brand by die Cure-daghospitaal in Noorder-Paarl.
Met hul aankoms is gevind dat een van die hospitaal se lugversorgingstelsels op die gebou se dak foutief gefunksioneer het, het Dereck Peceur, ’n brandweerwoordvoerder, gesê.
Volgens Peceur is die brand, wat tot die gebou se dak beperk was, vinnig met die hulp van die hospitaal se brandtoerusting geblus.
Die gebou is kort daarna deur ’n elektrisiën veilig verklaar.
Al die pasiënte en personeel is ongedeerd.