Die span Tant Sannie, het moeite met kleredrag vir hul braaidag-viering gedoen. Van links is John-Lin Johnson, Nadine Thompson, Lynette Arends, Imellia Engelbrecht en Franco Allies.Foto: Christiaan du Plessis


DGB het Vrydag ’n behoorlike braaidag-viering by sy hoofkantoor in Wellington gehou.

Werknemers van die maatskappy se takke in Wellington, Boschendal, Franschhoek en Kaapstad het braaispanne ingeskryf om mekaar die stryd buite Wellington aan te sê.

Hoewel gees volop was, was die mededinging straf en die spanne het gespook om hul beste braai- en nageregte voor te berei.

Vier beoordelaars het die moeilike taak gehad om deur die dag al die verskillende disse te proe en te evalueer.

Die wenspan het R5 000 gewen terwyl die besgeklede span ook ’n paar pryse gewen het.

Volgens Chantal Matthews, een van die organiseerders, moes die spanne volgens ’n tema inskryf.

“Ons het besluit om ’n bietjie tyd by die werk af te vat en braaidag te vier,” het sy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.