Altesaam 68 netbal- en hokkiemeisies van Hoër Meisieskool Paarl het gedurende die Septembervakansie wedstryde in Skotland, Wallis en Engeland gespeel. Dit was ’n gulde geleentheid vir dié sportvroue om herinneringe te bou en plekke te sien soos Edinburg, York, Manchester, Stratford-upon-Avon, Cardiff en Londen. Die Engelse busbestuurders was omtrent beïndruk met die leerders se gedrag en optrede.