Altesaam 14 ervare beoordelaar-panele het verlede week in die Johann Graue-saal by Nederburg in die Paarl byeengekom om die beste inskrywings vir die gesogte Veritas-medaljes asook die Vertex-toekenning vir die algehele topwyn aan te wys. Laasgenoemde toekenning word sedert 2021 die Duimpie Bayly Vertex-prys genoem, ter ere aan wyle mnr. Bayly, ’n legendariese kampvegter vir die bedryf. Die ingeskrewe wyne en brandewyne is oor ’n tydperk van vyf dae tot Vrydag 15 September geproe. Die sewe mees mededingende kategorieë, volgens die inskrywings ontvang, was rooi versnitte (170), Sauvignon Blanc (141), Cabernet Sauvignon (109), Chardonnay (105), Shiraz (102), Chenin Blanc (97) en Pinotage (83). Onder die beoordelaars was, van links, Bennie Howard Veritas-ondervoorsitter), Jonas Röjerman MW (Swede), Christo Pienaar (Veritas-voorsitter), Christine Austin (VK), Hennie Louw (Dry Ice International Wes-Kaap), Jo Wessels (Duitsland) en Joe Wadsack (VK). Die Veritas-wenners word op 13 Oktober by Kiks in Kaapstad aangekondig.Foto: