Die Boland Kavaliers het Saterdag in ’n Supersport Uitdaag-wedstryd met 27-16 vasgeval teen die Oostelike Provinsie in die Nelson Mandelabaai stadion te Port Elizabeth.
Die Kavaliers was rustyd voor met 7-9.
Vir Boland het die haker Clemen Lewis ’n drie gedruk, met Divan Nel (heelagter) wat met dié doelskop, asook drie strafdoele, geslaag het.
Die Kavaliers se volgende wedstryd is eerskomende Saterdag teen Grens te Ceres om 15:00.