Die Boland-Kavaliers het Saterdag hul 2017- Curriebekerveldtog met ’n oortuigende 40 – 27 oorwinning oor die Oostelike Provinsie afgeskop, wat ses drieë ingesluit het en vyf punte in die proses behaal het.
Boland se Ludio Williams (flank) en Charlie Mayeza (regtervleuel) het twee drieë elk gedruk, terwyl die haker, Chadley Wenn en die vleuel Gerrit van Wyk elk een drie elk gedruk het. Die losskakel Divan Nel het 10 punte met sy skopskoen bygedra.
Die Kavaliers sal op hierdie vertoning wil voortbou wanneer hulle die komende Saterdag die Luiperds op die veld aandurf. Die wedstryd sal by die King Edward-sportterrein gespeel word.
Die program vir die dag is soos volg:
11:45 Boland o. 20 vs Pumas o. 20
14:00 Kavaliers vs Luiperds
16:00 Montagu vs Swellendam
Kaartjies beskikbaar op die dag (by die hek) of aanlyn by: