Die Boland Skool vir Outisme het onlangs ’n gholfdag ten bate van die skool en sy leerders aangebied. Die geleentheid het by die Paarl-gholfklub op die Boschenmeer-landgoed plaasgevind. Bo spog die wenners van die dag – die Nexus AG -pan. Van links is Nico Coetzee, Renier Lourens en Hugo Lourens. Basjan Walters is afwesig. Die skool is besonder dankbaar vir elkeen se bydraes en almal wat die geleentheid ondersteun het.