’n Trotse oomblik in Boland Landbouskool se geskiedenis het onlangs afgespeel toe die skool se krieketveld na Stiaan van Zyl vernoem is. Stiaan het in 2005 matriek geskryf en vir Landbouskool se eerste krieket- en -rugbyspanne gespeel. Hy het op skool die Boland-Coca Cola-Nuffield-span gehaal en daarna onder andere vir Boland, die Cobras en WP krieket gespeel. Hy het sy buiging vir die Proteas in 2014 teen Wes-Indië gemaak en die 100ste speler ter wêreld geword wat ’n honderdtal in sy debuuttoets aanteken. Hy was ook slegs die vyfde Suid-Afrikaanse krieketspeler wat dit reggekry het. Stiaan speel deesdae krieket vir Sussex in Engeland. “Boland Landbou is ongelooflik trots op Stiaan, wat nie net op die krieketveld presteer nie, maar ook ’n ware ambassadeur van ons skool is,” sê Kobus Hartman, die hoof. “Daarom het ons besluit om ons A-krieketveld na hom te vernoem – die Stiaan van Zyl-ovaal.” Foto: