Verdeau leefstyl-landgoed in Wellington is tot dusver die suksesvolste landgoedontwikkeling in die Wellington-omgewing met meer as 240 wooneenhede reeds verkoop.
unieke ontwikkeling
Verdeau is ’n gevestigde topverkoper wat ontwikkel is op die wêreldwye gewilde konsep van Along Side Living en Together Old and Young (TOY).
Die kenmerk van dié ontwikkeling is dat jonk en oud saam woon, en bied dus woongeleenthede vir inwoners van alle ouderdomsgroepe en in alle lewensfases.
Dit skep die balans en struktuur wat nodig is om die landgoed in geheel ’n tuiste te kan noem.
Die landgoed spog met inheemse landskap, wye oop ruimtes, asemrowende berguitsigte, asook twee rustige damme wat die tuiste van verskeie wilde voëlspesies huisves. Die tuine, hoofdam asook speelareas vir kinders is reeds voltooi.
Fase 5 van die landgoedontwikkeling se elegante versameling van 3-slaapkamer enkel- en dubbelverdiepinghuise word nou verkoop.
Die skouspelagtige ligging rondom die dam laer af in die landgoed en die gepaardgaande asemrowende uitsigte versterk die ongelooflike leefervaring verder. Kopers kan ’n moderne argitektoniese styl, ruim oopplan-interieurs en kwaliteit-afwerkings in elke huis geniet. Die fase 5-huise spog met moderne kombuise, vervaardigde klipwerkblaaie, gelamineerde vloer in die slaapkamers en grootformaat-teëlvloere.
Die huise verkoop vanaf R2 595 000 en het geen hereregte of oordragkoste nie. Daar is ses unieke huisuitlegte om van te kies.
ideale ligging
Die landgoed is perfek geleë in hierdie pragtige vallei en is loopafstand van topskole soos Hugenote Hoërskool, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, Hugenote Kollege asook die sakekern van Wellington.
Daarby is verskeie vervoeropsies beskikbaar na ander top- Bolandse skole met busse wat slegs 150 m van die landgoed se hoofhek vertrek. Alle sportfasiliteite in Wellington is ook binne ’n reikafstand van 2 km vanaf die ingangshek.
Vir ontspanning op die terrein is daar meer as 4 km se staproetes en tot 8 km herhaalde roetes.
Wellington bied van die beste berg-en padfietsroetes in die wêreld en die dorp het al ’n paar keer gasheer gespeel vir die wêreldbekende Cape Epic-fietswedren. Boonop is vele pragtige bekroonde wynplase reg op Wellington se voorstoep.
veiligheid is kern
By Verdeau is veiligheid ’n top-prioriteit en die landgoed bied dus puik 24/7-sekuriteit en veiligheid wat daagliks deurgaans gemonitor word.
goeie belegging
Die landgoed bied die beste waarde vir geld vir kopers vir wie ’n bekostigbare landgoed-leefstyl belangrik is. Dit toon ook van die beste groei op belegging vir kopers oor ’n tydperk van drie tot vier jaar van aankoop tot verkoop.
Verdeau is waarskynlik van die beste beleggings vir mense wat veiligheid soek vir hulself en vir gesinne en wie hul kinders in ’n gewilde dorp en streek met van die land se beste opvoedingsentrums wil grootmaak.
Die landgoed beskik ook oor van die laagste heffings in die Boland.. Wanneer jy in Verdeau-landgoed belê, word jy deel van ’n ryk geskiedenis in die hart van die Bolandse wynlande.
Verdeau is ’n unieke koopgeleentheid wat nie misgeloop moet word nie.
Kom besoek gerus die skouhuis.
Kom kyk self na wat agter die mure aangaan. Dit sal jou beslis verbaas.
Vir meer inligting oor die ontwikkeling, stuur e-pos aan sales@verdeau.co.za, en vir foto’s en videos besoek die webtuiste by www.verdeau.co.za.


