Die Boland-rugbyunie het Dinsdag 16 April ’n korporatiewe gholfdag by Wellington-gholfklub aangebied.
Die gholfdag was ’n geleentheid vir die borge van Boland-rugby om saam met die spelers en afrigters van Boland-Kavaliers te kuier.
By dié geleentheid is die Boland-Kavaliers se nuwe klere vir die 2019-rugbyseisoen bekend gestel.
Die Boland-Kavaliers se eerste wedstryd in die SuperSport-rugbyreeks is Saterdag 27 April teen die Oostelike Provinsie. Dié wedstryd word in Worcester gehou.