Marilyn Williams van die Kavaliers is onstuitbaar teen die Griffons.

Credit: Lise Beyers

In hul eerste tuiswedstryd van die seisoen het die Boland-Kavaliers skrams teen die Griffons met 31-34 vasgeval en getoon dat die span sy stem dié seisoen nog gaan dik maak.

Die 2024-groep vir die Sanlam-Boland-Kavaliers is onlangs aangekondig, met Thurlow Marsh as kaptein.

Met afwagting vir die komende SA Beker-bou is die span daarop gefokus om Boland na nuwe hoogtes te neem.

Onder leiding van die nuut aangestelde hoofafrigter, Hawies Fourie, ’n voormalige Boland-afrigter en -speler, spog die span met ’n perfekte kombinasie gesoute seniors en belowende nuwelinge wat elkeen gretig is om hul vaardighede, vermoëns en passie vir die spel ten toon te stel.

Die span het streng opleidingsessies en strategiese voorbereidings ondergaan om te verseker dat hulle in topvorm is vir die uitdagings wat voorlê.

“Ons is gelukkig dat ons in ’n posisie is om ’n groep van 37 spelers te hê. Met Boland, wat die grootste unie in Suid-Afrika is gegrond op die aantal spelers op klubvlak, verteenwoordig ons finale span die beste van verskeie Bolandse amateurklubs,” het Fourie gesê.

“Ek glo Suid-Afrika sal vanjaar kennis neem van die positiewe veranderings in die Boland, met nog vele wat voorlê.”

Die groep van 37 sluit 22 spelers met ’n Bolandse agtergrond in, wat tot hul ontwikkeling bygedra het. Marsh het gesê die nuwe hoofafrigter het ’n groot verskil gemaak.

“Ons het die verskil gevoel met die koms van Hawies. Ons intensiteit het toegeneem met oefening, en ons hoop dit kan op die veld gewys word.”

Bennie van Rooi, die president van Boland Rugby, het bygevoeg dat die betrokkenheid van Sanlam gehelp het om die span tot nuwe hoogtes te dryf.

“Met die ondersteuning van Sanlam en mense soos Vuma en Santam is Boland goed toegerus, met ’n sterk keuse van gekontrakteerde spelers aangevul deur ’n gesoute plaaslike afrigter.”

Tydens die aankondiging van die span is die Kavaliers se nuwe uitrusting ook onthul.

Die span is:

Stutte:

Andrew Beerwinkel; Gerrit Bester; Mohammed Dioup; Nicholas Duhwa; Abdurugmaan Latief; Lamla Nunu; Dayan van der Westhuizen

Hakers:

Emile Booysen; Albert du Plessis; Kelvin Fikster en Sidney Tobias

Slotte:

Schalk Oelofse; Liam Tattersall; Carl Truter en Marlyn Williams

Losvoorspelers:

Sauleigh Arendse; Taine-Randall Booysen; Emile Booysen; Gift Dlamini; Tyreec Liederman; Thurlow Marsh (k); Keenan Opperman; Peter-John Smit Skrumskakels:

Jason Beukes; Bentley Geldenhuys en Chriswill September.

Losskakels:

Garth April; Darian Hock

Senters:

Jurick Lewis; Erik Lambrechts; Xavier Mitchell; Duran Nassin

Vleuels:

Cornell Engelbrecht; Riaan Louw; Andre Manual en Granwill Matthys

Heelagters:

Ashlon Davids; Gavern Skippers

Spanbestuur:

Hawies Fourie – hoofafrigter; Mornay Kurtz – hulpafrigter; Alshaun Bock – hulpafrigter; Jacquin Jansen – hulpafrigter; Grant Jantjies – spanbestuurder

Hierdie Saterdag (6 April) speel die Kavaliers teen die Valke in die Boland- stadion in Wellington.

Die afskop is om 15:00.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article