Die gewilde kykNET-reeks Boer soek ’n vrou het in die afgelope 14 reekse bewys dit is wel moontlik om liefde op die kassie te vind en hubare boere, wat ook die kans wil waag om liefde op dié manier te vind, kan nou vir die 15de reeks van dié werklikheidsreeks inskryf.

Nou soek kykNET 2023 se oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat deel wil wees van die 15de reeks.

Die volgende reeks sal ’n derde keer deur Marciel Hopkins aangebied word.

Boere kan op die volgende maniere inskryf:


.
Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai;. Bel die vervaardigers, Wolflight, by 076 600 6090;. Stuur ’n e-pos-boodskap na boer@wolflightsa.com

You need to be Logged In to leave a comment.