’n Bobbejaan het die afgelope paar dae die Paarl behoorlik op hol gehad toe hy op vele plekke in die Paarl rond gekerjakker het, maar homself uiteindelik tuisgemaak het bo-op die landdroshof se dak waar hy met ’n verdowingspyl geskiet is. Die mannetjiebobbejaan was te siene op ’n fabriek se dak in Distillerystraat waarna hy na die Drakenstein-munisipaliteit se hoofgebou gehardloop het. Daarna het hy wetstoepassers op ’n kat-en-muis-soektog deur die dorp gelei tot bo-op die landdroshof se dak. Hy is uiteindelik Maandagaand veilig in die Du Toitskloofberge deur Cape Nature vrygelaat.Foto: Jana Scheepers
Bobbejaan
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.