Shani Olivier (links) en Lisa Bester, gr. 10-leerders aan Hugenote Hoërskool, het op 18 Februarie aan die Swartland Invitational Gala in Malmesbury deelgeneem. Shani het eerste geëindig in die 100 m- en 50 m-borsslag en vierde in die 200 m-Individuele wisselslag. Lisa het onderskeidelik eerste en tweede geëindig in die 50 m-rugslag en 50 m-vlinderslag, asook derde in die 100 m-rugslag en tiende in 200 m-vryslag. Hugenote is baie trots op hulle.


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article