Dis ’n skande dat die munisipaliteit ons met sulke streng vereistes slaan as ons ons eie krag wil opwek. En dit ook met sonkrag wat omgewingsvriendelike opwekking is en aangemoedig behoort te word.
Watter regulasies het hulle ingestel met huishoudings en ondernemings wat omgewingsonvriendelike diesel- kragopwekkers gebruik? Tydens beurtkrag was dit ook geen vreemde verskynsel dat die goed selfs in die middel van die nag in stil woonbuurte raas nie.
Dit is duidelik dat die munisipaliteit teen die gemeenskap werk eerder as vir hulle – en ook duidelik dat hulle die publiek sal wurg vir elke sent!