Young Blues-rugbyklub het Saterdag 22 Oktober Ceres-rugbyklub in ’n promosie-relegasiewedstryd in Ceres op Bella Vista se sportterrein met ’n enkele punt – 14-13 – geklop. Die oorwinning beteken dat die span van Koplande-plaas in Wellington volgende jaar in die Boland se top-liga-Grootuitdaag-kompetisie vir die eerste keer in die klub se geskiedenis gaan meeding. Volgens John “Brood” Arnoldes, die span se hoofafrigter, is dit ’n mylpaal in sy loopbaan sedert hy in 2018 as afrigter by die klub aangesluit het. Hy gee ook krediet aan sy afrigtingspan, die bestuur en die spelers.Foto:
Blues maak geskiedenis
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.