Blommetoer teen sakpasprys

Die ATKV-gesinstak op Wellington gaan op 2 September per bus op ’n eendag- blommetoer na die Weskus.


Die ATKV-gesinstak op Wellington gaan op 2 September per bus op ’n eendag- blommetoer na die Weskus.

Die bus vertrek om 08:00 van die Wellington-Oos-kerkterrein.

Op pad sal besoek afgelê word by die orgideëplaas in Darling waar blomme en plante gekoop kan word. Daar sal ook heerlike, gratis pannekoek en tee wees.

Die bus sal ook in Langebaan ’n draai maak en middagete, met ’n uitsig oor die see, sal by Club Mykonos geniet word.

Die terugrit is via Hopefield.

Die bus behoort teen 17:30 in Wellington terug te wees.

Alles ingesluit vir slegs R230 per persoon. Bespreek betyds by Musieklood in die Paarl of bel Selvyn by 082 375 0904.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.