Een van Hugenote Laerskool se jong atlete, Leighton Samson (gr.3), is onlangs op die SA Sportsterre se webtuiste as een van die top-10-o.9-atlete in die land aangewys. Met sy tyd van 11.50 sek. oor die 80 m, beklee hy tans die agtste plek landwyd.