Bosman de Villiers (13), ’n gr.7-leerder aan die Laerskool Courtrai, het Vrydag 20 November in ’n plaaslike vriendskaplike o.13-krieketwed­stryd die volgende prestasie behaal: Hy teken 166 lopies aan van net 58 balle. Hy het agt viere en 19 sesse geslaan.