Anouk Cronjé, ’n gr. 12-leerder aan Hugenote Hoërskool, is nie net vaardig met haar Afrikaanse digkuns nie, sy is ook onder die top-100 (97ste plek) van al die skole wat deelgeneem het aan die landwye Engelse olimpiade. Daarmee het sy ’n Diamant-toekenning (sertifikaat) ontvang (dus het sy hoër as cum laude verwerf).