Boland Blindekrieket het onlangs sy jaarlikse prysuitdeling by Boland Park gehou. Bo is die algehele wenners en bestuurslede. Agter van links is Ridowan Hendricks (afrigter – Boland Blindekrieket), Ernest Nyatela (sekretaris – Boland Blindekrieket), Bradley Hendricks (beste B1-bouler), Réme Kampher (beste B2-bouler en kolwer), Jevon Marks (beste B3-kolwer), Edrich ter Haar (beste B1-kolwer), Ralton Pienaar (beste B3-bouler) en Roberto Harmse, wat die toekenning as die Jong opkomende Speler van die Jaar namens Tomley van Vuuren ontvang het. Voor is Angelo Carolissen (voormalige president van Bolandkrieket), Riaan Serfontein (president van Boland Blindekrieket), Myrtle Benjamin (Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit), Frank Williams (vise-president van Boland Blindekrieket) en Chrystal Pather (departement sport en kultuur).Foto: Ernest Kilowan