Die Wellington-blikkiesorkes-kompetisie is die afgelope naweek gehou. Die kompetisie, wat nou in sy vyfde jaar is, word deur die plaaslike Wellingtonners Wilfred Morris en Mario Matthyse gereël. Altesaam sewe spanne neem deel, onder wie minderbevoorregte kinders, wat musiek maak op hul selfgemaakte instrumente en in die strate van Wellington stap met treffende klere wat uit herwinbare materiaal soos swartsakke en kartonbokse gemaak word. Die jaarlikse instelling lok talle ouers en gemeenskapslede, en word self deur Morris en Matthyse gefinansier. Enigiemand wat betrokke wil raak deur eetgoed en sap vir die kinders in volgende jaar se kompetisie te skenk, kan Wilfred by 078 922 0696 bel.Foto: Roswall de Vries