Blanche Church, wat op 5 Januarie 1924 gebore is, het onlangs haar 101ste verjaarsdag in die Silwerkruin- Huis vir bejaardes in Wellington gevier.
’n Welwillendheidsbesoek is deur die burgemeester van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, dr. Elna von Schlicht, afgelê. Sy is vergesel deur die Drakenstein-burgemeester, Stephen Korabie, en ander belanghebbendes.
Church het in Touwsrivier en Rooms Katoliek grootgeword en is deur gemeenskapsbetrokkenheid gelei.
Sy was een van agt kinders – sewe meisies en een seun. Al haar susters het tot diep in hul negentigerjare geleef.
Church se wenk om so ’n geseënde ouderdom te bereik, is om gesond te eet. “Baie vrugte en groente,” sê sy. Sy raai ook “Hollandse medisyne” aan en sê dis belangrik om altyd vrolik en gelukkig te wees. Dit is haar wenresep wat ’n goeie lewe waarborg.
Hiervan kan haar kinders ook getuig. Hulle onthou haar as altyd beskikbaar en altyd dieselfde vriendelike mens.