Dit is die wonderlikste tyd van die jaar – ja, Paarl Interskole 2023. En die dorp is reeds ’n warboel van besoekers van oor die land heen vir hierdie geleentheid, wat beskou word as die grootste skolesport-derby in die wêreld. Links staan die eerstespan-rugbykapteins gereed vir Saterdag se groot kragmeting op Faurestraat, saam met hul ondersteuningspan. Van links is Nilcah Visser (HMS-sjampanjenooi), Van Heerden Pretorius (HJS-eerstespan-kaptein), Rauxben Jansen van Rensburg, Hein-Willem-Rabbets (HJS-hoofdirigent), Brynard Potgieter (Gim-hoofdirigent), Kyke Smith (Gim-eerstespankaptein) met Gim se gelukbringer Nols op sy skoot, en Anke Kriel (Gim-sjampanjenooi). Saterdag se eerste rugbywedstryd begin om 12:00 met die hoofwedstryd wat om 16:00 afskop. Lees die volledige Interskole-bylae binne.Foto: Lise Beyers