Bibi Slippers by Breytenbach

Die belowende digter Bibi Slippers het by verlede week se Tuin van Digtersfees by die Breytenbach-sentrum met die bekende akademikus en kunstenaar Andries Bezuidenhout oor haar veelbekroonde digbundel, Fotostaatmasjien, gesels.


Die belowende digter Bibi Slippers het by verlede week se Tuin van Digtersfees by die Breytenbach-sentrum met die bekende akademikus en kunstenaar Andries Bezuidenhout oor haar veelbekroonde digbundel, Fotostaatmasjien, gesels.

Volgens kenners verteenwoordig Fotostaatmasjien ’n belangrike skuif weg van die baan wat voorheen deur digbundels gevolg is.

Trouens, alles rondom Fotostaatmasjien is “anders”; selfs die manier waarop die bundel gedruk en gebind is, verskil hemelsbreed van die “normale” pad van digbundels wat uitleg en tipografiese versorging betref.

Elke gedig in die bundel sluit op die gebied van inhoud ten nouste by hierdie splinternuwe pad wat nou gevolg word, aan.

Tydens die gesprek wat Bezuidenhout met Slippers oor haar bundel gevoer het, is verskeie van die gedigte in die bundel spesiaal deur twee kunstenaars, Willemien& en Jude HarpStar, getoonset en opge-
voer.

Slippers was onmiddellik ná die gesprek ook deel van die toekenningsplegtigheid van die Ingrid Jonker-prys vir die beste Afrikaanse debuutdigbundel.

Sy was een van drie digters op die kortlys vir die prys.

Die ander twee was Hilda Smits vir haar debuutbundel Die Bome reusagtig soos ons was en Hendrik J. Botha vir sy bundel Atropos.

Smits se Die Bome reusagtig soos ons was is as die uiteindelike wenner aangewys.

Aangesien Smits nie die geleentheid kon bywoon nie, is die prys namens haar deur haar uitgewer ontvang.

Simone Jonker, Ingrid Jonker se dogter, het die prys oorhandig.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.