Vlak 6 beurtkrag sal vanmiddag weer inskop weens nog tegniese probleme by Eskom.


Weens verdere tegniese probleme by Eskom, sal vlak 6 beurtkrag vanaf 16:00 vanmiddag tot Dinsdag 05:00 geïmplementeer word. Daarna sal Fase 4-beurtkrag vanaf 05:00 tot Dinsdag 16:00 geïmplementeer word, lui ’n persverklaring vanaf Eskom.

Hierdie patroon sal daagliks herhaal word tot verdere kennisgewing. Eskom sal nog ’n opdatering publiseer sodra enige beduidende veranderinge plaasvind.

Onderbrekings is tans op 18 751MW se opwekkingskapasiteit terwyl die opwekkingskapasiteit buite diens vir beplande instandhouding 2 407MW is.

Die afgelope 24 uur is ’n opwekkingseenheid elk by Hendrina- en Kendal-kragstasies weer in diens geneem.

In dieselfde tydperk is ’n opwekkingseenheid elk by Duvha-, Kriel- en Tutuka-kragstasies weens onklaarrakings buite werking gestel. Die verdere vertragings in die terugkeer van ’n opwekkingseenheid by Arnot, Duvha, Hendrina, Kendal, Kriel, Lethabo, Majuba, Matimba en twee opwekkingseenhede by Camden-kragstasies dra steeds by tot die huidige kapasiteitsbeperkings.

Eskom maan die publiek om elektrisiteit spaarsamig en doeltreffend te gebruik, insluitend die afskakeling van geisers van 17:00 tot 21:00, om te help om die druk op die kragstelsel te verlig en hoër stadiums van beurtkrag te vermy.

You need to be Logged In to leave a comment.