Die Paarl-Oos polisie sal nie twee keer dink om motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur vas te vat nie. Die is die waarskuwing wat die polisie die afgelope naweek in die gemeenskap uitgestuur het.
In die vroeë oggendure van Sondag (19 Mei) is ’n jong man in Groenheuwel wat dronk bestuur het, in hegtenis geneem, het kapt. Basil Seekoei, woordvoerder vir die Paarl-Oos polisie, bevestig.
“Paarl-Oos polisie se sigbare- polisiëringeenheid het op 19 Mei in die vroeë oggendure in Lilacstraat, Groenheuwel, ’n ongelukstoneel bygewoon. Beamptes het ’n 24-jarige bestuurder in sy voertuig gevind, waar hy teen die muur van ’n huis in Lilacstraat vasgery het.
“Die 24-jarige bestuurder is in hegtenis geneem op ’n aanklag van die bestuur van ’n voertuig onder die invloed van alkohol en sal in die Paarl-landdroshof verskyn sodra hy aangekla word.”
. The Paarl East police will not think twice about arresting motorists who drive under the influence of alcohol. That is the clear message they sent out in the community this past weekend.