Die jong TikTok-sensasie Will Linley sal die verhoog met Kurt Darren en Robbie Wessels op Nederburg deel.


Die Kaap se gunsteling-gesinsmusiekfees, Piekniek en Musiek – Nederburg Sessions, keer op 19 November terug met optredes deur Kurt Darren, Robbie Wessels en Will Linley.


Me and Mr Green
asook The Betsies sal die ondersteunende optredes wees.

Piekniek en Musiek – Nederburg Sessions is ’n veelbesproke buitelugpiekniek-ervaring wat gewilde plaaslike musiekkunstenaars ten toon stel. Die fees is bekend daarvoor dat vertoning na vertoning uitverkoop. Hierdie konserte word op die skilderagtige plaas Nederburg in die Paarl gehou, met sy groen grasperke en skaduryke bome wat ’n sublieme middag-piekniek-musiekervaring bied.

Die venue het ook ’n wonderlike kinderspeelgebied – perfek vir gesinne wat ’n middag in die buitelug wil geniet.

Die komende konsert sal deur die gewilde TV- en radiopersoonlikheid Tracey Lange aangebied word.

Kurt Darren is een van die suksesvolste opnamekunstenaars in Suid-Afrika, met nommereen-treffers wat insluit “Kaptein (span die seile)”, “Meisie meisie” en “Oh My Soul”.

Robbie Wessels is ’n gewilde musiekster met treffers soos “Mphe Di Hoenor”, “Bobjan” en “i-Babbalasie”.

Will Linley is die virale TikTok-sensasie met vyf nommer-een-treffers, insluitend “Miss Me (When You’re Gone)”, “Tough (The Girls Song)”, “Last Call” en “Wrong Time”. Hy het vanjaar in Londen opgetree en P!nk- en Gwen Stefani-konserte geopen.

Kaartjies is al van Augustus op www.ticketmaster.co.za beskikbaar teen R275 per persoon, of R150 per kind onder 12 jaar.

Hekke open om 11:00 en die vertonings begin om 14:00. Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of om van die wye verskeidenheid kosstalletjies sowel as die kroeg gebruik te maak. Alkoholiese drank mag nie op die perseel gebring word nie, maar sal te koop beskikbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article