Om die ikoniese Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se 47ste verjaardag op
Maandag, 10 Oktober 2022, te vier, is toegang tot die monument, museum en
koffiewinkel op dié dag gratis. Boonop sal elke 100ste besoeker ‘n gesinspermit
kry wat ? gesin ? hele jaar lank gratis toegang tot die instelling en ATM
Koffiehuis bied.
Gaste word aangemoedig om die monument, ? simboolgelaaide beeldhouwerk sonder
weerga, asook die beeldskone omgewing en tydelike uitstallings te verken; daar
is boonop buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders. Genoeg veilige
parkering is gratis beskikbaar, en besoekers kan hul eie pieknieks bring of die
koffiewinkel ondersteun. Oudiotoere in ses tale is beskikbaar, maar besoekers
wat ? persoonlike, begeleide toer verkies, moet dit teen 8 Oktober gratis
bespreek deur die monument te kontak.
Vir diegene wat nog nie die museum besoek het nie, is dit ook die perfekte
geleentheid om hierdie fassinerende uitstalling in die historiese huis in die
middedorp te besigtig. Die monument en koffiewinkel is oop vanaf 08:00 tot 16:45
(laaste toegang 16:15) en die museum vanaf o8:30 tot 16:45.
Vir meer inligting
oor al die opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die
Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op
Facebook.
Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en
museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook
baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling
se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en
navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per
gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die ATM Koffiehuis
bied daagliks heerlike kos.