Besige bytjies hou spogtee

Die Busy Beez het onlangs hul jaarlikse spogtee in die Wellington-stadsaal gehou.


Die Busy Beez het onlangs hul jaarlikse spogtee in die Wellington-stadsaal gehou.

Die teegeselligheid is ’n geleentheid vir die gemeenskap om die klub se mooi werk te sien en te koop en die beoordelaars die wenners in vyf kategorieë aankondig. Dié afdelings is hekel en brei, borduurwerk, laslap- komberse, tea showers en lapverf.

Die program vir die middag was propvol met ’n opbouende boodskap deur die gasspreker, Mercia Pillay, en vermaak wat hierdie jaar die tema, kultuur, uitgebeeld het. Gaywin Richards en Anesca Williams het Latynse dans gedoen, die sanger Martha du Plessis en die vioolspeler Antoinette Erasmus het musiek gemaak, die bekroonde skrywer en voorstander van Kaaps as taal, Gaireyah Fredericks, het gedigte voorgedra en Veronica Maralack-Boonzaaier was die seremoniemeester.

Onder die gaste was die personeel van die Taalmonument en -museum sowel as Annemie Hanekom van Die Wolnessie in die Paarl, die klub se grootste borg en mentor. Die tee is die klub se belangrikste geldinsameling van die jaar. Die geld dra by tot die handwerk wat Busy Beez in 2019 sal doen en ander gemeenskapswerk wat die vroue in die Boland doen.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.