Bergrivier Sekondêr se hoofleiers vir 2021 is Curnell Samuels (onderhoofseun), Rowan Small (hoofseun), Fenecia Smith (hoofmeisie) en Naomi Morkel (onderhoofmeisie). Hul visie vir 2021 is as volg: “Ons as die leiers van 2021 sien uit na ’n jaar vol nuwe dinge. Ons visie is om die leerders van Bergrivier meer betrokke te kry by die skool se programme. Ons wil graag die deelname van leerders verbeter en ’n standpunt inneem in die gemeenskap deur betrokke te raak by uitreikprojekte na die daghospitaal en bejaardesorgsentrums. Bergrivier is ryk aan talent onder leerders en daarom sien ons uit om die eerste BR Got Talent-projek te begin”.