Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur het gesê dat hierdie stelsel sal in plek wees tot einde Februarie.

Die Franschhoekpas sal weer weeksdae tussen 08:00 en 17:00 vir herstelwerk gesluit wees. Naweke sal die pas wel volkome oop wees, maar ’n stop-ry-stelsel sal in plek wees.

Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur het

Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur het gesê dat hierdie stelsel sal in plek wees tot einde Februarie.

Die Wes-Kaapse departement van infrastruktuur het gesê dat hierdie stelsel sal in plek wees tot einde Februarie.

Maar weens die omvang van die skade is dit nog onseker wanneer die pas volkome herstel sal wees nie.

Dit volg nadat die pas erg verspoel is in die stormweer wat einde September gewoed het.

Herstelwerk is einde verlede jaar aan die pas begin, maar is gestaak om plek te maak vir vakansieverkeer.

Ligte motorvoertuie sal buite die sluitingstye deur die pas kan ry. Die gebruik van die pas, selfs gedurende tye wanneer die pas oop is, deur voertuie met ’n massa van meer as 5 ton bly streng verbode.

Motoriste word gevra om baie versigtig te bestuur op die pas in die tye wat dit oop is vir verkeer en om die stop-ry-seksies te eerbiedig.

Padgebruikers word sterk aangeraai om voort te gaan om alternatiewe roetes te gebruik.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article