Bekendes op die planke in Wellington

Die Bôrdienghuis-teater in Wellington bied die volgende Julie-produksies aan om jou kunshart warm te hou:.


Die Bôrdienghuis-teater in Wellington bied die volgende Julie-produksies aan om jou kunshart warm te hou:

  • 7 Julie: Jak de Priester

Met ’n splinternuwe repertoire van liedjies uit sy pen, keer Jak de Priester terug na die suide. Jak de Priester en sy pianis, Altus Muller, het nog altyd vir pret en plesier gesorg en dié winter gaan geensins anders wees nie. Kaartjies is R120.

  • 9 Julie: Elvis Blue

Elvis Blue word gereken as een van Suid-Afrika se gewildste en produktiefste musikante. Met sy outentieke en charismatiese styl, vermaak hy gehore met ’n mengsel van bekende treffers en nuwe musiek. Kaartjies is R120.

  • 16 Julie: The Inside Job

The Inside Job se uiteenlopende style, sterk lirieke en energie, maak van hulle een van daardie groepe wat jy eenvoudig net moet beleef. Die groep bestaan uit Lionel John (voorsanger en multi-instrumentalis), Shawn Adams (baskitaar) en Melony Phoenixx (tromspeler). Kaartjies is R50.

  • 23 Julie: Koos van der Merwe – Cohen, Dylan en Koos.

Koos van der Merwe neem jou saam na daardie geheimsinnige plekke van die hart met ’n versameling van sy eie werke, ’n paar meesterstukke van Koos du Plessis en Jacques Brel, asook sy nuutste Afrikaanse weergawes van die musiek van Leonard Cohen en Bob Dylan se geliefste treffers. Kaartjies is R120.

  • 30 Julie: Peter Mitchellen Luna Paige

Alhoewel Luna Paige en Peter Mitchell al dikwels saamgewerk het aan produksies en CD-opnames, sal dit die eerste keer wees dat hierdie twee besonderse kunstenaars die verhoog op so ’n intieme wyse, sonder groot orkeste en ekstra instrumentasie, deel. Verwag hoendervel-mooi musiek. Kaartjies is R120.

Alle vertonings begin om 20:00, maar die aand se kuier begin reeds om 18:00 wanneer gaste vir hul pizza’s kan bestel.

Om kaartjies te bespreek bel Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of stuur ’n e-pos na teater@breytenbachsentrum.co.za,

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.