Bekende van Silwerkruin sterf

Die 79-jarige Freda Gerber, bekende inwoner van Silwerkruin, die bejaardesorgsentrum op Wellington, is die afgelope week oorlede. Sy was haar lewe lank predikantsvrou en onderwyseres op verskillende plekke in Suid-Afrika en het die afgelope paar jaar


Die 79-jarige Freda Gerber, bekende inwoner van Silwerkruin, die bejaardesorgsentrum op Wellington, is die afgelope week oorlede. Sy was haar lewe lank predikantsvrou en onderwyseres op verskillende plekke in Suid-Afrika en het die afgelope paar jaar in Silwerkruin gewoon.

Freda Gerber was die moeder van die bekende Wellingtonse oudpolitikus Pierre Jean Gerber van Malanstasie.

Volgens Pierre Jean Gerber het sy moeder in haar jong dae onderwys aan die onderwyskollege op Wellington studeer. Sy het as jong onderwyseres met haar man, ’n NG predikant, getrou.

Sy en haar man was predikants­paar op verskeie plekke in Suid-Afrika: Aanvanklik in die Oos-Kaap, daarna in Kraaifontein en uiteindelik op Vredenburg.

Terwyl hulle op Vredenburg was, het haar man haar ontval.

Sy het dwarsdeur haar loopbaan as besige predikantsvrou ook skoolgehou.

Sy word oorleef deur haar twee seuns, Pierre Jean en Mandrich Gerber.

Die teraardebestelling vind op Vrydag 12 Augustus op Vredenburg plaas en ’n spesiale gedenkdiens word op Saterdag 13 Augustus om 10:00 in die NG Moederkerk op Wellington gehou.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.