Bejaardes woeker met hulle talente

Bejaardes kan uitsien na ’n dag spesiaal vir hulle.


Bejaardes kan uitsien na ’n dag spesiaal vir hulle.

Die Kuns- en kultuurdag vir Bejaardes vind Woens­dag 18 Oktober in Welling­ton-stadsaal plaas.

Die organisasie Age-in-Action vir bejaardes in die Drakenstein- en Wynland­distrik reël die dag.

Die Kuns- en kultuurdag vorm deel van die Week vir Ouer Persone en bied aan die ouer mense ’n wonderlike geleentheid om hul talente deur middel van kuns, toneelspel en musiek ten toon te stel.

Daar word veral gefokus op bejaardes wat uitsluitlik afhanklik is van hul Sassa-ouderdomspensioen van R1 600 per maand.

Verlede jaar se Kuns- en kultuurdag het by Pniël naby Stellenbosch plaas­gevind.

Nagenoeg 500 bejaardes afkomstig van dienssen­trums, klubs en tehuise van omliggende dorpe in die streek het die byeen­koms bygewoon.

Vir vanjaar se byeen­koms in Wellington word heelwat meer bejaardes uit die omliggende gemeen­skappe verwag.

Die dag word gratis in samewerking met die plaaslike munisipaliteit aangebied.

Die organiseerders benodig nog verversings sodat ’n ligte ete vir die bejaardes aangebied kan word.

Inwoners of besighede wat ’n finansiële bydrae of ’n skenking wil maak, kan vir Marcel van Dyk, maatskaplike werker van Age-in-Action, by 021 423 0204 bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.