As deel van voortdurende gemeenskapsprojekte het die personeel van Paarl Post, in samewerking met McDonalds Paarl, ’n groep bejaardes van Rusoord-huis vir bejaardes met die hulp van lede van die Rusoord Wheelies op ’n uitstappie deur die Paarl geneem en roomys geniet by McDonald’s, vriendelik geborg deur die eienaar, Luther Bakkes. Mads Foods het ook lekker eetgoedjies vir die bejaardes se geskenkpakkies geborg. Die Rusoord Wheelies is ’n groep vrywilligers wat elke Vrydag inwoners van Rusoord in hul rolstoele vir ’n uitstappie neem.Foto:


Bejaardes ‘verken’ Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.