Bejaarde vrou (83) in die Paarl seksueel aangerand

‘n Bejaarde vrou (83) is na bewering op 24 Maart in die vroeë oggedure in ‘n skokkende voorval in ‘n gesogte woonbuurt in die Paarl deur ‘n 24-jarige man seksueel aangerand nadat hy toegang tot die huis verkry het toe die bejaarde vlugtig ‘n deur vir haar honde oopgemaak het.

Polisievoertuig
Illustrasiefoto. Credit: Argief

‘n Bejaarde vrou (83) is na bewering op 24 Maart in die vroeë oggedure in ‘n skokkende voorval in ‘n gesogte woonbuurt in die Paarl deur ‘n 24-jarige man seksueel aangerand nadat hy toegang tot die huis verkry het toe die bejaarde vlugtig ‘n deur vir haar honde oopgemaak het.

Kapt. Frederick van Wyk, ‘n provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens twee familielede was die voorval omstreeks 02:00.

Hy het vertel dat die oortreder, wat volgens ‘n betroubare bron in Milky Town in Paarl-Oos woon, toegang tot die slagoffer se huis verkry het toe hy deur ‘n klein gaping in die motorhek geglip het.

Nadat die oortreder die huis binnegegaan het, het hy die bejaarde gewurg en haar van haar slimfoon beroof voordat hy haar na haar slaapkamer gedwing en seksueel aangerand het.

alt=" "
Illustrasiefoto. Credit: Pexels

Volgens die familie het die slagoffer se papegaai egter begin lawaai maak deur in ‘n diep stem te mompel, waarna die oortreder geskrik en gevlug het. Die Paarl-polisie is ontbied en die slagoffer het klagtes van verkragting, huisbraak en diefstal aangemeld, sê Van Wyk.

Sy is dadelik in die hospitaal opgeneem weens verskeie kneusplekke en krapmerke wat sy opgedoen het en is ná sowat twee weke ontslaan. Sy herstel nog by ‘n familielid se huis.

‘n Besorgde familielid, wat egter nie op die polisie gewag het nie, het direk ná die voorval die Paarl se strate gefynkam op soek na die beweerde oorteder en die 24-jarige man ná ses ure deur blote vasberadenheid opgespoor, waarna hy in hegtenis geneem is.

“Ek het met my oefenklere en selfoon in die hand by die Kentucky [KFC] in die hoofstraat begin, waarna ek ‘n beskrywing van die man [beweerde oortreder] vir iemand gegee het, maar hulle was ‘n bietjie onseker.”

Anonieme familielid

“Ek het met my oefenklere en selfoon in die hand by die Kentucky [KFC] in die hoofstraat begin, waarna ek ‘n beskrywing van die man [beweerde oortreder] vir iemand gegee het, maar hulle was ‘n bietjie onseker,” het die familielid vertel.

Hierna het sy onverskrokke deur Nuwe- en Bredastraat gestap tot by die taxi-staanplek in Van der Lingen-straat, langs Shoprite.

“Hier het ek op en af gestap en omdat ek geweet het die oortreder was kaalvoet toe hy [my familielid] seksueel aangerand het, het ek die beddegoed van haweloses wat onder komberse gesit of geslaap het, opgelig om te kyk of iemand dalk kaalvoet was.”

Die familielid het toe in die Bergrivierboulevard en deur die begraafplaas gestap, waarna sy teruggedraai en selfs onder die berugte Markstraatbrug langs die Paarl-polisiekantoor gaan soek het.

“Onder die brug het ek iemand [‘n hawelose] ontmoet wat die beskrywing wat ek van die oortreder se klere gegee het, herken en gesê het hulle weet wie en waar die oortreder is.”

Anonieme familielid

“Onder die brug het ek iemand [‘n hawelose] ontmoet wat die beskrywing wat ek van die oortreder se klere gegee het, herken en gesê het hulle weet wie en waar die oortreder is.”

Die familielid het saam met die hawelose in Markstraat opgestap en die man, wat naby die stadsaal in Hoofstraat gesit het, opgespoor.

“Ek het toe small talk met hom gemaak, waarna ek ‘n entjie weggestap en die polisie gebel het.

Hulle was binne vyf minute op die toneel en die verdagte is in hegtenis geneem.”

Volgens die familielid het die hawelose wat haar gehelp het om die vermeende oortreder op te spoor aan haar gesê die man is bekend daarvoor om hawelose vroue seksueel aan te rand.

Volgens ‘n betroubare bron binne die Paarlse hawelose gemeenskap “rand die verdagte gereeld vroue op straat ook aan en verkrag hulle”.

“Hy loop blykbaar agter hulle aan terwyl hy homself stimuleer en as hulle weer kyk, dan is hy op hulle as daar ‘n stil hoekie of draaitjie is.”

Anonieme bron

“Hy loop blykbaar agter hulle aan terwyl hy homself stimuleer en as hulle weer kyk, dan is hy op hulle as daar ‘n stil hoekie of draaitjie is,” het die bron gesê.

Paarl Post het vrae aan die Paarl-polisie gestuur, maar geen terugvoer is ontvang nie.

Die koerant wou onder meer weet of nog klagtes, spesifiek seksueel van aard, teen die beweerde oortreder ondersoek word.

You need to be Logged In to leave a comment.