’n Man (68) is die afgelope naweek in Paarl-Oos tydens ’n klopjag weens dwelmhandel in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Basil Seekoei, die Paarl-Oos-polisie se woordvoerder, is die bejaarde man Saterdag aangekeer nadat verskeie dwelms in sy besit gevind is.
Die verdagte is met 18 sakkies tik, 66 sakkies dagga, 10 mandrax-tablette, 70 halwe mandrax-tablette en een kwart mandrax-tablet betrap.
In ’n afsonderlike voorval het skote die afgelope naweek in Chicago geklap. Seekoei sê: “Inligting tot die Paarl-Oos-polisie se beskikking is dat die voorval bendeverwant was. Die saak word ondersoek.”
Seekoei het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie met ’n moordondersoek te help. Die lewelose liggaam van Elrico Matthee (38) is Saterdag in die vroeë oggendure in Klein Drakenstein-weg gekry. Hy het twee steekwonde aan sy liggaam gehad.
“Paarl-Oos-speurders vra die gemeenskap se hulp om hierdie saak op te los. Enigiemand met inligting kan die misdaad-stoplyn by 086 001 0111 of Paarl-Oos-polisie by 021 877 5900 skakel.”. A 68-year-old man was arrested during a raid in Paarl East this past weekend for dealing in drugs.

