‘n Bejaarde man is dood ná ‘n huisroof gister (9 April) op Franschhoek.

Die voorval het kort ná 17:00 plaasgevind op die hoek van Akedemia- en Rouxstraatstraat, toe ‘n onbekende man die huis binnegekom en geld geëis het. Die bejaarde inwoner is toe erg aangerand waarna die verdagte gevlug het.

Die bejaarde man se vrou, wie tydens die aanval in die tuin was, het kort hierna op haar bebloede man afgekom wat sy bewussyn verloor het. Haar hulpkrete het ‘n buurman na die toneel laat haas waarna Franschhoek noodienste ontbied is.

Paramedici het die slagoffer op die toneel probeer stabiliseer waarna hy na Mediclinic Paarl gejaag is, maar hy is kort ná sy aankoms by die hospitaal, oorlede.

‘n Verdagte is wel later in verband met die voorval aangekeer.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.

You need to be Logged In to leave a comment.