Begraafplaas kry nuwe baadjie danksy inwoner

Hillcrest-begraafplaas het ’n nuwe baadjie gekry toe ’n Wellingtonner en haar span, Guardians of the Valley, die inisiatief geneem en dit verfraai het.


Hillcrest-begraafplaas het ’n nuwe baadjie gekry toe ’n Wellingtonner en haar span, Guardians of the Valley, die inisiatief geneem en dit verfraai het.

Natasha Downe en haar span het die verant­woordelik­heid geneem om die herstel van gevandaliseerde grafte in al die begraafplase in haar tuisdorp te organiseer en te koördineer.

By die onlangse opening is ’n spesiale seremonie saam met die Drakenstein-munisipaliteit en breë gemeenskap van Wellington gehou.

Downe is ’n voormalige leerder van die Hugenote Hoërskool en word geken as ’n ywerige menseregte-, diereregte- en politieke aktivis.

Sy het hierdie missie met die hulp van slegs ’n handjie vol individue, wat nou bekend is as Guardians of the Valley, begin en is baie entoesiasties en positief dat die projek ’n groot sukses sal wees.

“Ek besoek altyd ons familiegrafte wanneer ek tuis is en ek het deur die jare met my eie oë gesien hoe die toestand van ons begraafplase versleg.”

Al woon Natasha al lank in die buiteland, het haar wortels diep in Wellington gebly.

Dit is waar haar familie al langer as sewe geslagte woon.

“Ons geliefdes moet in vrede en waardigheid rus.

“Sedert my vroegste herinnering het ek en my ma elke Sondag ná kerk al ons geliefdes se grafte besoek en die begraafplaas lê my na aan die hart. “Sedert ek gesien het hoe my geliefdes se grafte geskend word, het ek ’n opname begin maak van al die beskadigde grafte.

“Ek het nie baie tyd gehad nie, maar het besluit iets moet hieraan gedoen word.”

Vir meer inligting oor die projek kan e-pos na Guardians of the Valley gestuur word by info@guardiansofthevalley.co.za.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.