Bedroefde ouers byeen

The Compassionate Friends (TCF), ’n ondersteuningsgroep vir bedroefde ouers wat kinders aan die dood afgestaan het, het sy jaarlikse nasionale samekoms vanjaar in die Paarl aangebied. Die samekoms van verskillende groepe van TCF van oor Suid-Afrika h

By Compassionate Friends se Nasionale Samekoms is papierbootjies in die water gelaat ter nagedagtenis aan afgesterwe kinders.


The Compassionate Friends (TCF), ’n ondersteuningsgroep vir bedroefde ouers wat kinders aan die dood afgestaan het, het sy jaarlikse nasionale samekoms vanjaar in die Paarl aangebied. Die samekoms van verskillende groepe van TCF van oor Suid-Afrika heen, het van 8 tot 10 November by die Middelplaas-gastehuis plaasgevind.

Dit is nie ’n groep wat jy sou kies om aan te behoort nie, maar dis wel ’n groep wat jou kan ondersteun, sou jy die dag hierdie “onnatuurlike lewenspad” moet stap.

Sprekers wat bekend is met die diepte van die rouproses het hul stories gedeel.

Lloyd Fortuin en sy wederhelf, regter Chantal Fortuin, het aan die meer as 150 gaste vertel hoe hulle hul seun Oliver in die vleuel van sy lewe in ’n motorongeluk verloor het. Hulle moes weer die lewe trotseer en aangaan, al is dit hoe moeilik. Nes enige ander ouer het hulle ook drome vir hul seun gehad en geglo hy sou ’n blink toekoms hê.

Nog ’n eregas, die enkelma Angeline Willard, het met bywoners gedeel hoe sy drie kinders verloor het. Sy’t twee kinders in ’n motorongeluk verloor, asook ’n seun ’n paar jaar ná die motorongeluk weens dwelmverslawing.

Sy was sterk genoeg om aan die groep te vertel hoe sy as enkelouer haar kinders in haar motor gelaai het om met vakansie te gaan en hoe sy in die motorongeluk betrokke was waarin haar kinders dood is.

Haar seun kon nie hul “onnatuurlike lewe” lei nie en kon ook nie die impak van die ongeluk op sy ma en die res van die familie aanskou nie. Hy’t gekies om ’n ander lewe te lei, omrede hy nie meer die druk van mense en die samelewing kon hanteer nie. Almal het vir hom gesê hy moet vir sy mamma sterk wees. Hy het egter ook sy broer en suster verloor en moes ook daaroor rou.

Tydens die byeenkoms het bedroefde ouers baie empatie, hoop en liefde onder mekaar gedeel – spesifiek ook met ouers wat onlangs hierdie pad moes begin stap, waar hulle ’n kind aan die dood afgestaan het.

Ouers wat langer as hulle op die pad as bedroefde ouers is, kon vir dié ouers weer hoop in die lewe en die toekoms gee – hoop dat hulle weer lekker sal lag en die lewe sal kan geniet, al weet hulle dat hulle altyd hul geliefde kinders sal onthou en in hul harte sal dra.

. TCF sal die jaar met sy jaarlikse Kerslig-seremonie afsluit. Dit sal Sondag 8 Desember 2024 om 17:00 by die Wellington-stadsaal plaasvind. Registrasie vind vanaf 16:00 plaas. Bywoning kos R80 vir volwassenes en R40 vir kinders. Dit sluit ligte verversings in.

Die eregas by die Kerslig-seremonie is Angeline Willard. Sy sal haar storie as enkelma deel en vertel van die dag toe sy twee van haar kinders in ’n gru-motorongeluk verloor het, asook al die trauma wat sy en haar gesin moes trotseer.

’n spesiale Versoek word aan mense wat dit bywoon, gerig: Bring asseblief ’n lang wit kers saam, asook ’n geraamde A4- of A5-foto van jul geliefde kind(ers) of jul broer of suster. TCF sal ook ’n spesiale kollekte hou vir die eregas, Willard, wat as enkelma vandag vir haar die res van haar gesin sorg.

. Skakel TCF by 069 679 6208 of 060 579 1867 of epos wellingtontcf@gmail.com met navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.