Bartho Visser, ’n gr. 12-leerder aan die Hoërskool Hugenote, het onlangs aan die SA kanomarathonkampioenskap wat in Gauteng plaasgevind het, deelgeneem. Hy en sy K2-spanmaat het ’n silwermedalje gewen. Hulle is gekies om as lid van die SA marathonspan aan die wêreldkampioenskap in China te gaan deelneem. Hy het Saterdag 22 Junie ook aan die Wes-Kaapse rivierkampioenskap deelgeneem en die eerste plek in die junior afdeling behaal. Bartho het ook aan die bekende Bergrivier-kanomarathon deelgeneem en was sesde.