’n 56-jarige man het ’n noue ontkoming met die dood gehad toe hy Dinsdagmiddag beheer oor sy bakkie verloor, deur ’n soliede betongrensmuur van die Boschenmeer-gholflandgoed gery en byna in ’n sandput op die gholfbaan beland het.
Die man het volgens die eerste reddingsbeamptes op die toneel, die Drakenstein-plaaswag (DFW), agter die stuur van sy bakkie ongesteld geraak toe hy beheer verloor het.
Sy voertuig, ’n Toyota-bakkie, het ongeveer 40 meter verder op die gholfbaan tot stilstand gekom. Gelukkig het hy geen gholfspelers en ook nie ander verkeer getref nie.
Die man is na ’n Paarlse hospitaal vervoer.