Graag wil ek die plaaslike brandweer bedank vir hul vriendelike hulp en bystand.

Saterdagaand is ons onkant gevang deur onverwagse beurtkrag wat tussen 18:00 en 20:00 skielik getref het en ek moes desnoods in die tydperk water kook op ons gasstoof, net om te ontdek dat ons gassilinder erg lek.

Ek het die Paarl-brandweerstasie in nood gebel.

Ek is begroet deur die baie vriendelike Wilma wat geantwoord het, en nadat ek my probleem verduidelik het, het twee brandweermanne, Morris en Ainsley, binne 15 minute by ons huis aangekom.

Die probleem is vinnig onder beheer gebring, en ons is goeie raad en advies gegee, sodat ons ’n goeie nagrus kon kry.

Nogmaals baie dankie aan Paarl- brandweer se mense dat julle die ekstra myl vir ons geloop het.


Stephanie Siegrühn,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.