Die Laerskool Paulus Joubert het onlangs rugbyklere van die Manly Roos- junior rugbyunie van Sydney, Australië, ontvang. Dié skool, wat vanjaar sy 65ste bestaansjaar vier, is baie dankbaar vir die skenking. Van links oorhandig Tol Janeke en sy vrou, Anne (tweede van regs), die skenking aan Zeecke Bushby (onderhoofseun), Riley Hendricks (onderhoofmeisie) en Conroy Eiman (koördineerder) die skenking.