Nelia Destroo (o.12) van Laerskool W.A. Joubert het by die Wes-Kaapse atletiekkampioenskap goud in gewigstoot sowel as diskusgooi behaal. Sy verbeter die gewigstootrekord van 9.95 m tot 11.11 m en die diskusgooirekord van 26.87 m tot 32.30 m. Sy het na die SA atletiekkam­pioenskap deurgedring wat 14-15 Maart in Germiston plaasgevind het.