By die Boland-atletiekkampioenskap vir laerskole wat Saterdag 29 Februarie by Daljosafat-stadion gehou is, het Amstelhof Primêr koning gekraai in die 100 m vir seuns o.13 waaraan vier van sy gr.7-leerders deelgeneem het. Die Boland-kampioen vir die 100 m en 200 m vir seuns o.13 is gewen deur Elliot Kermis (derde van links). Saam met Elliot is Will Allies, Aurlin Thomas en Johaydon Claasen.