By die onlangse Boland-atletiekkampioenskap vir laerskole het drie atlete van Laerskool Courtrai aan dié byeenkoms deelgeneem. Agter is Sydney Rothman wat vir meisies o.13 ’n silwermedalje vir 75 m- en 200 m-hekkies gewen het en ’n goue medalje vir hoogspring en verspring. Voor is Zani Steyn (o.10) wat ’n silwermedalje vir 75 m-hekkies gewen het en Kylie Basson (o.12) wat ’n silwermedalje in die 75 m- en 150 m-hekkies gewen het.