Tydens die kleure-atletiek by Laerskool Courtrai is talle leerders as bekerwenners aangewys. Die atlete het so goed gevaar dat hulle van die bekers met ander atlete deel. Erno Coreejes (gr.6) is die beste baanatleet: seuns, Dieter Naudé (gr.5) is die beste veld- en baanatleet: seuns en die victor ludorum, Bosman de Villiers (gr.7) is die beste veldatleet: seuns, Emile de Klerk (gr.4) is die beste o.10-seunsatleet, Zani Steyn (gr.4) is die beste o.10-meisiesatleet en Sydney Rothman (gr.7) is die beste meisies- veld- en baanatleet en is ook aangewys as die victrix ludorum.