Tydens die kleure-atletiek by Laerskool Courtrai is talle leerders as bekerwenners aangewys. Die atlete het so goed gevaar dat hulle van die bekers met ander atlete deel. Erno Coreejes (gr.6) is die beste baanatleet: seuns, Dieter Naudé (gr.5) is die beste veld- en baanatleet: seuns en die victor ludorum, Bosman de Villiers (gr.7) is die beste veldatleet: seuns, Emile de Klerk (gr.4) is die beste o.10-seunsatleet, Zani Steyn (gr.4) is die beste o.10-meisiesatleet en Sydney Rothman (gr.7) is die beste meisies- veld- en baanatleet en is ook aangewys as die victrix ludorum.


Atlete neem verskeie bekers huis toe

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article